top of page

KRIEKET: Lions & Titans pak mekaar in KSA meerdag-reeks eindstryd

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 7, 2025
  • 1 min read

Die Titans en die Lions sal mekaar in die eindstryd van die plaaslike meerdag-reeks die stryd aansê wat van Donderdag af op die Wanderers beslis sal word. Dit het gelyk of die Dolphins moontlik weer met ’n gelukskoot by die agterdeur kon inglip  maar weens die deurdringende reën die afgelope naweek was daar bykans geen spel moontlik in die ander wedstryde nie. Die Knights – wat moontlik na Afdeling 2 gerelugeer kan word weens ’n dispuut oor die Warriors se posisie op die punteleer - en Lions se wedstryd sowel as die Dragons en Westelike Provinsie se ontmoeting is weens die triestige weer afgelas. Die eindstryd tussen die Lions en Titans begin om 10:00.

 
 
 

Comments


bottom of page