top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Manjifieke Mulder kasty Zimbabwiese boulers op Dag 3 in Bulawayo

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 1, 2025
1 min read

Die Proteas het sy wurggreep op die eerste toets teen Zimbabwe al stywer begin maak met nog ’n goeie kolfvertoning in die tweede beurt by die Queen Sports klub in Bulawayo. Die besoekers was uitgehaal vir 369 in die tweede beurt met Wiaan Mulder wat uitgetroon het met ’n bydrae van 147 lopies. Wellington Masakadza was sy span se beste bouler met ’n ontleding van 4 / 98. Die Proteas het ’n teiken van 537 aan die tuisspan gestel om die wedstryd te wen en was teen uitskeityd op 32 / 1. Die toets eindig Woensdag.

 
 
 

Comments


bottom of page