KRIEKET: Moroney neem die leisels oor as die nuwe Proteas Mans-sameroeper-keurder
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 18, 2025
- 1 min read
Patrick Moroney is deur Krieket Suid-Afrika as die nuwe sameroeper-keurder vir die Proteas mans-span aangestel. Moroney wat op verskeie vlakke gewerk het, bring meer as twee dekades se keuringservaring. Met sy rol wat amptelik op 1 Augustus begin sal hy aan die Direkteur van Nasionale Spanne en Hoë Prestasie, Enoch Nkwe, rapporteur. Nkwe het Moroney se uitgebreide kennis en ervaring in talentidentifisering geprys, en hom die ideale persoon genoem om hierdie sleutelrol te vervul.






Comments