KRIEKET: Namibië & Suid-Afrika maak T20-geskiedenis in Windhoek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 30, 2025
- 1 min read
Namibië sal in Oktober geskiedenis maak wanneer hulle die Proteas verwelkom vir ’n T20-kragmeting in Windhoek. Diè wedstryd dien ook as die amptelike opening van die splinternuwe FNB Namibië-krieketveld. Johan Muller van Krieket Namibië sê die veld was vier jaar lank ’n droom en die geleentheid beloof om onvergeetlik te wees. Die wedstryd word op 11 Oktober gespeel en sal ook dien as ’n voorsmakie van die 2027-Wêreldbeker waartydens beide lande as gasheer sal optree.






Comments