KRIEKET: Nederland klop Nepal in historiese drievoudige Super Boulbeurt-riller
- Armando Pieters

- Jun 18
- 1 min read
Nederland het Nepal in ‘n dramatiese en geskiedkundige T20-kragmeting in Glasgow geklop nadat drie Super Boulbeurte nodig was om ‘n wenner tussen diè twee spanne te bepaal. Die Nederlanders het in beheer gelyk nadat hulle 152 / 7 aangeteken het maar Nepal se Nandan Yadav het ‘n laaste-bal vier geslaan om die wedstryd gelykop te maak. Daarna was albei spanne se tellings in die eerste twee Super Boulbeurte weereens presies gelyk. In die derde Super-beurt kon Nepal nie daarin slaag om lopies aan te teken nie waarna Michael Levitt die wedstryd met ‘n ses afgesluit het om aan Nederland ‘n onvergeetlike oorwinning te besorg het.





Comments