KRIEKET: Oud Saints-leerling Curtis Campher word eerste beroepsspeler met 5 in 5
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 11, 2025
- 1 min read
Die Johannesburg gebore Curtis Campher wat in 2018 vir die S.A o.19 span gespeel het, het die rekordboeke herskryf toe hy die eerste mans beroepsspeler geword het om vyf paaltjies met vyf agtereenvolgende aflewerings te laat kantel het. Die 26-jarige Campher het in ’n T20-wedstryd vir die Munster Reds wat hy ook aanvoer teen die North-West Warriors met die laaste twee aflewerings in die 12de boulbeurt en daarna in die 14de boulbeurt ’n driekuns behaal vir ’n ontleding van 5 / 16 in 2.3 boulbeurte. Die Reds het die wedstryd uiteindelik met 100 lopies gewen.






Comments