top of page

KRIEKET: Paul Stirling maak geskiedenis terwyl Ierland die Windies klop in eerste eendagwedstryd in Dublin

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 22, 2025
  • 1 min read

Ierland het die Wes-Indiese Eilande in die openingswedstryd van hul eendag-reeks in Dublin met 124 lopies afgeransel. Die tuisspan het 303 / 6 opgestapel met Andrew Balbirnie wat geskitter het met 112 lopies terwyl Harry Tector en Paul Stirling onderskeidelik beurte van 56 en 54 gespeel het. Stirling het ook daarmee die eerste Ierse kolwer geword wat 10 000 internasionale lopies kon insamel. Ierland se boulaanval het daarna verder baljaar waar Barry McCarthy met syfers van 4 / 32 en George Dockrell se 3 / 21 die Windies beperk het tot 179 lopies in die 35ste boulbeurt. Diè reeks van drie wedstryde hervat weer Vrydag by die Clontarf krieketklub.

 
 
 

Comments


bottom of page