top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Protea afrigter kondig groepe aan vir reekse teen Afghanistan en Ierland

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 10, 2024
1 min read

Die Protea afrigter Rob Walter het Maandag sy groepe aangekondig vir die opkomende Eendag reekse teen Afghanistan en Ierland. Jason Smith, wat sy krieket vir die Dolphins speel, en Nqaba Peter van die Leeus, is vir die eerste keer in die Protea eendag groep ingesluit terwyl die snelbouler, Lungi Ngidi, keer terug na die groep na hy herstel het van ‘n kuit besering. Die Proteas kom eerste teen Afghanistan te staan in ‘n drie-wedstryd Eendag-reeks tussen 18 en 22 September. Daarna sal hulle tussen 27 September en 7 Oktober teen die Iere te staan kom in ‘n T20- en Eendag-reeks.

 
 
 

Comments


bottom of page