KRIEKET: Protea vroue beklink eendag-reeks teen Windies
- Armando Pieters

- Jun 18
- 1 min read
Die Protea vrouespan het hul toer na die Wes-Indiese Eilande op ’n hoogtepunt begin nadat hulle die tuisspan in die derde en laaste eendagwedstryd in Barbados met 166 lopies getrap het. Die besoekers het 278/6 in hul 45.5 beurte aangeteken waar spel vir altesaam ses keer deur reën onderbreek was. Tazmin Brits en kaptein Laura Wolvaardt was weer skitterend op dreef en het beurte van 101 en 75 gespeel. Die Windies se kolfbeurt kon nooit behoorlik vlamvat en was almal uitgeknikker vir 121 lopies. Masabata Klaas het met puik boulwerk van 4/25 die aanslag gestuit het terwyl Nonkululeko Mlaba en Annerie Dercksen ook goeie ondersteuning gebied het en elkeen twee paaltjies laat kantel het. Die Proteas wen diè reeks 2 – 1 en sal die wen-momentum wil voortsit wanneer die eerste T20-wedstryd weer Vrydag op die Three W’s Oval in Cave Hill beslis word.





Comments