top of page

KRIEKET: Protea vroue val vas in tweede eendag-wedstryd van driehoekige-reeks teen Indië

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 30, 2025
  • 1 min read

Die Protea vrouespan het hul tweede agtereenvolgende nederlaag in Driehoekige-reeks teen Indië gelei toe Laura Wolvaardt se span met 15 lopies vasgeval het in Colombo. Indië het die loot gewen en eerste gekolf en 276 / 6 op die telbord geplaas. Daarna het Wolvaardt en haar aanvangsvennoot Tazmin Brits met ‘n briljante openingsvennootskap van 140 lopies geantwoord. Na hul vertrek het die res van die kolflys nie veel weerstand gebied nie en was die span almal uitgehaal vir 261 in die  50ste boulbeurt. Die Proteas sal egter beter rekenskap van hulself in die 3de wedstryd  wil gee wanneer hulle weer Vrydagoggend om  06:30 (SA Tyd) teen Sri Lanka  te staan sal kom in die Premadasa Stadion.

 
 
 

Comments


bottom of page