KRIEKET: Protea vroue val vas in tweede T20
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 23, 2025
- 1 min read
Die Protea vroue het na ’n goeie begin in die T20-reeks teen die Windies die tweede wedstryd op ’n skinkbord weggegee toe hulle met ses paaltjies in Barbados aan die verloorkant was. Die besoekers het eerste gekolf en kon net 113/6 insamel met die nommer agt kolwer Annerie Dercksen wat die hoogste telling van 21* aangeteken het. Die tuisspan se kaptein Hayley Matthews het die beurt geanker met 63* en was voor die paaltjies saam met Jannillea Glasgow toe die wenteiken in 19.2 beurte bereik is. Diè reeks is gelykop met 1–1 met die derde en beslissende wedstryd wat Maandagaand om 20:00 (SA Tyd) weer in Cave Hill beslis sal word.






Comments