KRIEKET: Proteas deel Zimbabwe grootste toetsnederlaag uit in Bulawayo
- Armando Pieters

- Jul 1
- 1 min read
Die Proteas het die toetsreeks teen Zimbabwe op ‘n wennoot afgeskop toe hulle die tuisspan op Dag 4 met 'n rekord 328 lopies geklop het. Die Chevrons is almal uitgehaal vir 208 in hul tweede beurt met die debutante Codi Yusuf en Corbin Bosch wat kon spog met boulsyfers van 3 / 22 en 5 / 43. Bosch is ook as Speler van die Wedstryd aangewys na kolfbeurte van 100* en 36. Die tweede toets begin op 6 Julie en word weer by die Queens Sports klub beslis.





Comments