top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Proteas deel Zimbabwe grootste toetsnederlaag uit in Bulawayo

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 1, 2025
1 min read

Die Proteas het die toetsreeks teen Zimbabwe op ‘n wennoot afgeskop toe hulle die tuisspan op Dag 4 met 'n rekord 328 lopies geklop het. Die Chevrons is almal uitgehaal vir 208 in hul tweede beurt met die debutante Codi Yusuf en Corbin Bosch wat kon spog met boulsyfers van 3 / 22 en 5 / 43. Bosch is ook as Speler van die Wedstryd aangewys na kolfbeurte van 100* en 36. Die tweede toets begin op 6 Julie en word weer by die Queens Sports klub beslis.

 
 
 

Comments


bottom of page