top of page

KRIEKET: Proteas kan vir die eerste keer in 27 jaar Wêreldtoetskampioenskap wen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 31, 2025
  • 1 min read

Die Proteas staan vanjaar hul grootste kans om vir die eerste keer in 27 jaar 'n groot titel in die Wêreldtoetskampioenskap los te slaan.

Om na die finale rondte van verlede jaar se T20 Wêreldbeker te kon deurdring is die eerste keer wat die senior mans so ver in 'n Internasionale Krieketraad- (IKR) kragmeting buiten die Kampioenetrofee kon vorder – laasgenoemde het hulle in 1998 gewen.

IOL berig die witbal-veldwerkafrigter Wandile Gwavu het in 'n eksklusiewe onderhoud aan sportsboom.co.za gesê die een fout wat 'n mens nie wil maak nie, is om elke keer met dieselfde span te speel.

Hy sê hulle kyk dus na maniere om 'n paar jong of nuwe spelers in die Protea-span te kry om hulle vir die IKR-kragmetings voor te berei, sodat die span nie onverhoeds betrap word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page