KRIEKET: Proteas mans en vroue speel saam in baanbreker witbaltoer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 26, 2025
- 1 min read
Krieket Suid-Afrika (KSA) en Nieu-Seeland Krieket het ‘n baanbrekende witbaltoer in Maart 2026 bevestig. Die vyf-wedstryd reeks sal die Proteas vroue en mans op dieselfde dag by dieselfde venue sien speel, met middag- en aandwedstryde wat oor vyf stede geskeduleer is. Die eerste wedstryd begin op 15 Maart op die Bay Oval waar die Protea vroue die White Ferns om 14:45 sal aandurf en daarna sal die Protea mans en Black Caps om 19:15 sake verder op die kolfblad uitspook. Na die T20-wedstryde sal die Proteas vroue aanbly vir ‘n drie-wedstryd eendagreeks wat deel van die IKR-Vrouekampioenskap-kwalifikasie vir die 2029 Wêreldbeker uitmaak.






Comments