KRIEKET: Proteas oorheers eerste dag teen Zimbabwe in tweede toets in Bulawayo
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
Die Proteas het ’n skitterende begin gemaak in die tweede toets teen Zimbabwe wat by die Queens Sports klub in Bulawayo beslis word. Die tuisspan se kaptein Craig Ervine het die loot gewen en Suid-Afrika ingestuur om eerste te kolf waar Tony de Zorzi en die debutant Lesego Senokwane vroeg hulle paaltjies vir onderskeidelik 10 en 3 verloor het. Daarna was dit die instaan kaptein Wiaan Mulder wat briljant gekolf het vir sy 264* en goeie ondersteuning van David Bedingham gekry het met 82 en die jong Lhuan-drè Pretorius se bydrae van 72 lopies. Teen uitskeityd was die Proteas op 465 /4 met Mulder en Dewald Brevis wat Maandagoggend sal kom voortkolf. Suid-Afrika het die eerste toets met 328 lopies gewen.







Comments