top of page

KRIEKET: Proteas pak Zimbabwe en Nieu-Seeland met kombinasie van jeug en ervaring in Harare

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 27, 2025
  • 1 min read

Die Protea-afrigter Shukri Conrad het ’n kombinasie van jeug en ervaring in sy groep van 14 spelers ingesluit vir hul opkomende T20-drienasiesreeks teen Zimbabwe en Nieu-Seeland. Die vier nuwelinge is Lhuan-drè Pretorius en Rubin Hermann wat vroeër vanjaar vir die Paarl Rocks in die SA20-reeks uitgeblink het, Corbin Bosch met bestaande eendag- en toetskrieket ervaring en die draaibouler Senuran Muthasamy. Die sterkolwer Dewald Brevis maak ’n welkome terugkeer na ’n afwesigheid van twee jaar terwyl die naatboulers Nandre Burger en Gerald Coetzee die snelaanval sal lei nadat hulle albei lank beseer was. Die ervare Rassie van der Dussen sal die span aanvoer in die reeks wat van 14 tot 26 Julie in Harare beslis word.

 
 
 

Comments


bottom of page