top of page

KRIEKET: Proteas se 15-man groep aangekondig vir Wêreldtoetskampioenskaps-eindstryd teen Baggy Greens

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 14, 2025
  • 1 min read

Suid-Afrika het ‘n groep van 15 spelers aangekondig vir die IKR se Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd teen Australië by Lord’s met Temba Bavuma wat die kaptein sal wees. Kagiso Rabada, Marco Jansen en Corbin Bosch sal die snelboul-aanval lei met ondersteuning deur Dane Paterson, Lungi Ngidi sowel as die veelsydige Wiaan Mulder. Die draaiboulwerk sal deur Keshav Maharaj en Senuran Muthusamy hanteer word. Die kolflys sluit Aiden Markram, Tony de Zorzi, Ryan Rickelton, Tristan Stubbs en David Bedingham in terwyl die paaltjiewagter Kyle Verreynne ook sal mik om die finale elftal te haal. Die Wêreldtoetskampioenskaps- eindstryd word tussen die 11de en 15de Junie beslis.

 
 
 

Comments


bottom of page