top of page

KRIEKET: Proteas se voorbereidings-tyd kortgeknip voor Wêreldtoets-kampioenskap volgende week op Lord’s begin

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 5, 2025
  • 1 min read

Die Proteas-afrigter Shukri Conrad sê hy het die nat weer in die Verenigde Koninkryk verwag nadat reën die eerste dag van hul opwarmingswedstryd teen Zimbabwe in die wiele gery het. Conrad sê hy is tevrede met hul voorbereidings sedert hul aankoms Saterdag nadat hulle reeds twee soliede dae van oefening voltooi het. Hy het die belangrikheid beklemtoon om boulbeurte in te kry gedurende die oorblywende dae van die wedstryd voor die Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd teen Australië die 11de Junie op Lord’s begin. *Intussen het Suid-Afrika A ‘n blink vertoning teen Wes-Indië A in Sint Lucia gelewer en hul eerste meerdagwedstryd oorwinning met ‘n beurt en 88 lopies beklink. Die Suid-Afrikaners het ‘n reuse eerste beurt telling van 600 / 7 opgestapel met die kaptein Marques Ackerman wat geskitter het met 209 lopies. Die Windies is in hul eerste beurt uitgehaal vir 240 en het dit opgevolg met 272 almal uit.

 
 
 

Comments


bottom of page