KRIEKET: Proteas stewig in die saal teen Zimbabwe in eerste toets
- Armando Pieters

- Jun 30
- 1 min read
Die Proteas het hulself in ’n stewige posisie ingekolf in die eerste toets teen Zimbabwe in Bulawayo.
Nadat die toporde vroeg gesteier het op 23 / 3 het die debutant Lhuan-drè Pretorius op nommer vyf ingestap en die jongste Suid-Afrikaner geword om 'n toets honderdtal te kon aanteken. Pretorius wat die legendariese Graeme Pollock se rekord van 61 jaar gebreek het was uiteindelik uitgehaal met sy telling op 153 in 'n beurt wat elf viere en vier sesse ingesluit het. Die veelsydige Corbin Bosch het sy eerste nie-uit-nie toetshonderdtal behaal terwyl Dewald Brevis in sy debuut toets self ’n bydrae van 51 kon maak en sodoende die eerste beurt op 418 / 9 kon verklaar. *Zimbabwe was daarna in hul eerste beurt almal uitgehaal vir 251. Die Proteas sal op Dag 3 kom voortkolf op 49 / 1 en hul voorsprong van 216 lopies nog verder wil rek en dan probeer om die tuisspan vir ’n tweede keer uit te boul. Die toets eindig Woensdag.





Comments