top of page

KRIEKET: Proteas trap klei teen die Swart Pette in die tweede T20 Drienasies-wedstryd in Harare

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 17, 2025
  • 1 min read

Nieu-Seeland het kopgehou teen die Proteas in die tweede T20 Drienasies-wedstryd by die Harare Sports Klub en met 21 lopies geseëvier. Die Swart Pette het eerste gekolf en was in ’n stadium in die moelikheid op 70 / 5 maar ’n vennootskap van 103 lopies tussen Tim Robinson en die debutant Bevon-John Jacobs het die oorwinning verseël. Die Proteas se aanslag op die teiken het belowend begin maar paaltjies het op ’n gereëlde grondslag getuimel en was die span uitgeknikker vir 152 lopies in die 19de boulbeurt. Wedstryd nommer drie in die reeks word Vrydag hervat wanneer die Swart Pette en die Chevrons mekaar in Harare weer aanvat.

 
 
 

Comments


bottom of page