top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Proteasvroue veg terug ná Engeland se sterk openingskof

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 16, 2024
1 min read

Sophie Ecclestone van Engeland saai verwoesting in die Suid-Afrikaanse lopietempo deur dit op ’n skamele 3,11 te hou. Teen middagete staan die Proteasvroue op 113 lopies vir die verlies van twee paaltjies. Engeland se vrouekrieketspan het vroeg in die toets hulle stem dik gemaak deur gister te verklaar met ’n stewige 395 lopies vir die verlies van nege paaltjies. Maia Bouchier en die ervare Nat Sciver-Brunt het albei honderdtalle aangeteken voordat hul paaltjies geval het. Die span handhaaf ’n lopietempo van 4,29. Aan die einde van dag een, het die Suid-Afrikaanse Proteasvroue gister ses boulbeurte voltooi voor die einde van die dag, en het 17 lopies aangeteken terwyl al hul paaltjies steeds staande gebly het.

 
 
 

Comments


bottom of page