top of page

KRIEKET: Rabada-kontroversie laat vonke spat in opbou na Wêreldtoets-kampioenskap eindstryd op Lord’s

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 15, 2025
  • 1 min read

Die sielkundige oorlog voor die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap tussen Suid-Afrika en Australië is goed aan die gang met die voormalige Australiese kaptein Tim Paine wat kritiek teen Kagiso Rabada uitgespreek het. Paine sê dat Rabada nie die verskoning van ’n persoonlike kwessie kan gebruik ná sy positiewe toets vir ’n verbode middel nie en het ook aangevoer dat die gebruik daarvan nie bloot as ’n privaat saak afgemaak kan word nie veral nie tydens ’n internasionale toernooi nie. Die Proteas se afrigter Shukri Conrad en kaptein Temba Bavuma het egter hul steun aan Rabada betuig en beklemtoon dat sy welstand en bydrae op die veld nou die prioriteit is. *Paine was self ook in die kollig toe hy in November 2021 as kaptein van die Baggy Greens bedank het weens eksplisiete boodskappe wat hy aan ’n vroulike kollega gestuur het.

 
 
 

Comments


bottom of page