KRIEKET: RCB klop MI in naelbyter in Mumbai
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 8, 2025
- 1 min read
Die Royal Challengers Bengalore het met ’n sterk vertoning in wedstryd nommer 21 van die IPL gewys dat hul ’n sterk aanspraakmaker vir diè titel is nadat hulle die Mumbai Indians op hul eie tuisveld met 12 lopies geklop het. RCB het eerste gekof en ’n reuse 221 / 5 opgestapel met Virat Kohli en Rajat Patidar wat beurte van 67 en 64 gespeel het. Mumbai se beurt kon daarna nie lekker vlamvat nie en in die 12de boulbeurt was daar reeds vier kolwers terug in die kleedkamer met slegs 99 lopies op die telbord. Namboori Varma se 56 en die kaptein Hardik Pandya met ’n blitsige 42 van 15 aflewerings het byna die partytjie vir die Challengers bederf maar dit was die einste Pandya se ouboet Krunal wat met ’n puik boulontleding van 4 / 42 die wedstryd in hul guns geswaai het. Die Delhi Capitals is nog steeds onoorwonne en bo-aan die punteleer gevolg deur die Gujarat Titans en RCB.






Comments