top of page

KRIEKET: S.A. opkomende mans elftal maak sake gelyk in tweede eendagwedstryd teen Bangladesh

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 15
  • 1 min read

Suid-Afrika se mans opkomende elftal was in aksie teen Bangladesh in hul tweede nie-amptelike eendag wedstryd in Rajshahi en het met 10 lopies die septer geswaai. Die besoekers het 332 / 7 opgestapel met die voormalige Knights speler Dian Forrester wat puik gekolf het vir sy 96 nie uit nie terwyl Connor Esterhuizen ook 91 lopies kon bydra. Daarna het die Proteas se Andile Simelane die boulaanval gelei en is vir sy  5 / 56 met die Speler van die Wedstryd toekenning beloon. Die derde en beslissende wedstryd begin Vrydagoggend om 5:00 (SA Tyd) weer in Rajshahi. *S.A. se opkomende vroue elftal kon egter nie hulle manlike kollegas se vertoning ewenaar nie en het hul eerste T20-wedstryd in Cox’s Bazar in Bangladesh met 5 paaltjies verloor. Suid-Afrika kon vroeër net 116 / 6 aanteken met Faye Tunnicliffe wat die beurt met 43 lopies  geanker het. Bangladesh loop tans voor met 1- 0 in die reeks van drie wedstryde met die volgende kragmeting wat ook Vrydagoggend om 09:30 (SA Tyd) begin.

 
 
 

Comments


bottom of page