KRIEKET: SA se o.19-span verloor in die reeks-opening teen Bangladesj
- Armando Pieters

- Jul 18
- 1 min read
Suid-Afrika o.19 het ‘n nederlaag van 130 lopies teen Bangladesj in hul eerste eendagreeks in Benoni gely.
Die tuisspan het 286 lopies gejaag en is vir 155 lopies in net meer as 32 boulbeurte uitgeboul.
Suid-Afrika se boonste en middelste orde het onder druk ineengestort, en Bangladesj ‘n voorsprong van 1-0 gegee voor Saterdag se tweede wedstryd.





Comments