top of page

KRIEKET: Sewe legendes in die IKR Heldesaal opgeneem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 10
  • 1 min read

Sewe krieketlegendes is in die IKR Heldesaal opgeneem insluitend Suid-Afrika se Hashim Amla en Graeme Smith en Indië se voormalige kaptein MS Dhoni. Die Assie Matthew Hayden, Nieu-Seeland se Daniel Vettori, Engeland se Sarah Taylor en Sana Mir van Pakistan is ook tydens diè seremonie vereer. Dhoni die enigste kaptein wat al drie IKR-witbaltrofeë gewen het, is erken vir sy baanbrekende leierskap en konsekwentheid met die kolf. Amla en Smith is geprys vir hul historiese bydraes tot Suid-Afrikaanse krieket met Mir wat Pakistan se eerste vroulike lid op diè lys geword het.

 
 
 

Comments


bottom of page