KRIEKET: Spelersunie vra vir hervorming ná "chaotiese" program
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 28, 2025
- 1 min read
Die Vereniging van Wêreldkrieketspelers (WCA) het in 'n oorsigproses – wat ses maande geneem het om saam te stel – tot die gevolgtrekking gekom dat die ongekonrtoleerde groei van T20-franchise-krieket 'n wurggreep skep wat die huidige "chaotiese, onbestendige en verwarrende" internasionale program "in werklike gevaar" stel.
Volgens Netwerk24 is die opvallendste oplossing vir dié probleem 'n algehele herstrukturering van die Internasionale Krieketraad (IKR) se bestaande toekomstige toerprogram.
Die voorstel is dat wanneer die huidige ooreenkomste verval, die nuwe planne in 2028 vir manskrieket en 2029 vir vrouekrieket in werking moet tree.
Voorsitter van die subkomitee wat die verslag saamgestel het, Paul Marsh, sê daar is wel positiewe neigings in krieket, maar wêreldkrieket is by 'n draaipunt.
Hy voeg by die kwessies moet bespreek word om 'n meer volhoubare toekoms in meer as net 'n paar lande wil skep.
Die verslag vra ook vir 'n nuwe inkomstemodel om die huidige finansiële oorheersing van Indië, Engeland en Australië teen te werk.






Comments