top of page

KRIEKET: Suid-Afrika bespreek hul plek in die Wêreldkampioenskap van Legendes eindstryd nadat hulle Australië met 1 lopie uitskakel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1, 2025
  • 1 min read

Suid-Afrika het hul plek in die eindstryd van die Wêreldkampioenskap-toernooi van Legendes bespreek toe hulle Australië in Birmingham met 1 lopie geklop het. Die S.A. Legendes het die loot gewen en eerste gekolf en ’n heel skaflike 186 / 8 opgestapel. JJ Smuts het die oog gevang met 57 terwyl Morne van Wyk 76 lopies van net 35 balle gemoker het. Australië het soos ’n sneltrein weggetrek met Chris Lynn wat vier sesse en een vier ingeryg het vir ’n haastige 35 en Dan Christian wat tot aan die einde daar was met 49*. Dit was egter ’n puik laaste boulbeurt deur Wayne Parnell wat 14 lopies moes probeer verdedig het. Met een aflewering oor en drie lopies vir ’n Australiese sege was dit die briljante AB de Villiers wat die bal vanaf die diepby-grens ingeskiet het vir Parnell om die dwarsbalkies van Nathan Coulter-Nile te kon lig vir die uithardloop in ’n dramatiese einde. Suid-Afrika ontmoet Pakistan in die eindstryd wat Saterdag op Edgbaston gespeel word.

 
 
 

Comments


bottom of page