top of page

KRIEKET: Voormalige Aussie krieketster ontwaak uit 'n koma

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 5
  • 1 min read

Voormalige Australiese krieketlegende Damien Martyn, het ontwaak uit 'n geïnduseerde koma na 'n ernstige aanval van meningitis, in wat vriende, familie en voormalige spanmaats 'n "wonderwerk" noem.


Volgens berigte het die 54-jarige Martyn op die 26ste Desember, by sy huis aan die Goudkus, siek geword en na 'n hospitaal in Brisbane gehaas, waar dokters hom in 'n koma geplaas het om die potensieel lewensgevaarlike infeksie te behandel.


ABC berig day hy in die afgelope dae sy bewussyn herwin het, praat en reageer op behandeling, en kan binnekort uit intensiewe sorg verwyder word.


Damien Martyn. FOTO: Sky News
Damien Martyn. FOTO: Sky News

Comments


bottom of page