KRIEKET: Vuurwerke gaan spat tussen Proteas & Baggy Greens in Toets Kampioenskaps-eindstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 11
- 1 min read
Die Proteas en Australië is Woensdag in aksie in die Wêreld Toetskampioenskaps-eindstryd wat op Lord’s beslis word. Die Baggy Greens spog met ’n nuwe openingspaar van Usman Kwawaja en Marnus Labuschagne terwyl Cameron Green, Steve Smith, Travis Head, Beau Webster en Alex Carey die middelorde sal versterk. Die veelsydige Pat Cummins sal die span aanvoer en saam met Mitch Starc , Nathan Lyon en Josh Hazlewood die boulaanval lei. Die Proteas se kolfbeurt sal deur Aiden Markram en Ryan Rickelton geopen word terwyl Wiaan Mulder op drie sal uitstap. Kaptein Temba Bavuma, Tristan Stubbs, David Bedingham en Kyle Verreyne sal in die middel kolf terwyl die die veelsydige Marco Jansen, Kagiso Rabada, Keshav Maharaj en Lungi Ngidi die Aussie kolwers in toom sal moet hou. Volgens Bavuma gaan Rabada Suid-Afrika se groot troefkaart wees en hoop om sy skitter spelpeil teen die Aussies voort te sit ondanks die onlangse gebeure van die veld af. Dít alleen behoort vir KG oorgenoeg motivering te wees om vir sy land die silwerware te help wen sedert die 1998 Kampioene-trofee suksesverhaal. Die eerste aflewering word om 11:30 (SA tyd) afgevuur.





Comments