top of page

Kriminele klagte is teen mediese hulpskemas ingedien

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 15
  • 1 min read

ActionSA doen ‘n beroep op beter behandeling van swart gesondheidsverskaffers regoor die land. Die party het gister kriminele klagte teen drie mediese hulpskemas ingedien vir beweerde bedrog, intimidasie en diskriminerende praktyke. Hulle beweer dat Discovery, Medscheme en die Government Employees Medical Scheme teen swart mediese praktisyns gediskrimineer het. ActionSA se voorsitter in die Vrystaat, Patricia Kopane, het by die Lyttelton-polisiestasie gesê hulle hoop dat hierdie klagte sal help om die behandeling van swart gesondheidsverskaffers te verbeter sodat hulle beter dienste aan hul pasiënte kan lewer.

 
 
 

Comments


bottom of page