top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Verslag bevraagteken anti-immigrante-aansprake in SA

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

Navorsing van die Instituut vir Sekerheidstudies en die Universiteit van Johannesburg toon dat immigrante ses-komma-vyf persent van Suid-Afrika se bevolking uitmaak.


Volgens die instellings se verslag is daar drie-komma-nege-vyf miljoen immigrante in die land, wat in lyn is met internasionale norme. Dit het bevind dat politici en anti-immigrantegroepe immigrantgetalle oordryf het.


Die verslag toon ook dat swak bestuur en korrupsie die werklike oorsake van sosiale euwels in Suid-Afrika is, nie immigrasie nie. Navorsers sê anti-immigrante-retoriek en -sentiment het die afgelope paar jaar toegeneem.


Ter illustrasie. FOTO: NWI Blog
Ter illustrasie. FOTO: NWI Blog

 
 
 

Comments


bottom of page