top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Krugerwildtuin-aasvoëls wat massa-vergiftiging oorleef sterk aan

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 11, 2025
1 min read

Sanparke sê dit gaan goed met aasvoëls wat vroeër die week gered is ná ‘n massa-vergiftiging in die Krugerwildtuin. SABC-nuus berig 84 aasvoëls het oorleef, maar meer as honderd is dood. Die aasvoëls het vermoedelik gevreet aan ‘n olifant wat deur stropers met plaagdoders besmet is. Volgens Sanparke se woordvoerder, Ike Phaahla, het veldwagters van die vergiftiging bewus geword toe ‘n voël wat ‘n opsporingstoestel dra, nie beweeg het nie. Phaahla doen ‘n beroep op gemeenskapslede naby die Krugerwildtuin om inligting oor die voorval aan die polisie te verskaf. Die hoof van ‘n aasvoël-bewaringsgroep, Kerri Wolter, sê die aasvoëls se karkasse word vir moetie gebruik.

 
 
 

Comments


bottom of page