Kry meer brandstof vir jou rand soos pryse daal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Motoriste sal vanaf Woensdag minder vir brandstof betaal, nadat die Departement van Minerale en Petroleumbronne Maandag die amptelike brandstofpryse aangekondig het.
Beide grade petrol daal met 65 sent per liter, terwyl diesel met tussen 50 en 57 sent daal.
Die departement sê ʼn sterker rand en laer internasionale produkpryse het gehelp om hoër ru-oliepryse te verreken, wat ʼn tweede maand van verligting by die pompe bring.







Comments