Kubayi verduidelik die Konstitusionele Hof se uitspraak oor asielsoekers

Oct 8
1 min read
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die onlangse uitspraak van die Konstitusionele Hof oor asielsoekers hou verband met prosedurele kwessies.
Kubayi het Donderdag die media ingelig ná ’n dringende vergadering van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, waarvan sy die voorsitter is.
Sy sê die uitspraak verleen nie outomaties vlugtelingstatus nie en waarborg ook nie die reg om onbepaald in Suid-Afrika te bly nie.
Kubayi verduidelik ook dat mense aan wie vlugtelingstatus toegestaan is, nie die reg het om te stem nie.
LUISTER HIER:
Mmamoloko Kubayi









Comments