top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kuberaanvalle teister SA-besighede

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 15
  • 1 min read

Kuberaanvalle op Suid-Afrikaanse organisasies neem steeds toe.


MyBroadband berig navorsing deur Check Point Software toon dat byna 8 900 kuberaanvalle verlede maand aangeteken is – gemiddeld sowat 2 060 aanvalle per week.


Suid-Afrika was volgens die navorsing die vierde mees geteikende land in Afrika.


Regeringsinstellings, die energie- en nutssektor, asook finansiële dienste was van die sektore wat die swaarste getref is.


Die maatskappy sê losprysaanvalle deur kubermisdadigers het wêreldwyd toegeneem, met ‘n groep bekend as The Gentlemen wat as die aktiefste losprysaanval-operateur na vore getree het.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page