top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kubermisdadigers groot bedreiging vir besighede

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 24, 2024
1 min read

Oktober is kuberveiligheidsbewusmakingsmaand, en MTN Business het hierdie tyd gebruik om hul sekuriteit op te dateer en te vernuwe. Primedia berig MTN Business het 'n vennootskap met bedryfsleiers aangegaan om topvlak-sekuriteitsoplossings te verskaf. Volgens die hoofbestuurder vir inligting- en kommunikasietegnologie-oplossings by MTN Business, Sudipto Moitra, is kuberveiligheidsbedreigings een van die grootste uitdagings vir besighede op die oomblik en dat die risiko's beide in terme van frekwensie en gesofistikeerdheid groei. Hy voeg by dat hierdie kwessie oor alle nywerhede gesien kan word, maar dat die gesondheidsorgbedryf dikwels geteiken word, asook dat kritiese infrastruktuur die tweede mees geteikende ruimte is, gevolg deur die finansiële sektor.

 
 
 

Comments


bottom of page