Kunene moet om verskoning vra dat hy Malema 'n padda genoem het
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 5, 2025
- 1 min read
Die Johannesburg-hooggeregshof in Gauteng het beslis dat die Patriotic Alliance se Kenny Kunene om verskoning moet vra aan die leier van die EFF, Julius Malema, omdat hy hom ‘n kakkerlak genoem het.
Volgens Times Live het die hof dit as haatspraak verklaar.
Volgens Malema toon Kunene se uitbeelding van hom as ‘n “klein padda” en “kakkerlak” dat Kunene glo dat hy submenslike behandeling verdien.
Die hof het Kunene beveel om nooit na Malema te verwys met hierdie term nie en dat hy binne een maand ‘n ondubbelsinnige verskoning moet aanbied.
Die EFF verwelkom die uitspraak.






Comments