top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kunsmatige intelligense laat ‘n prokureursfirma in ‘n moeilike situasie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 10, 2025
1 min read

Die skerp oog van 'n regter het 'n prokureursfirma in 'n moeilike situasie laat beland. Dit het aan die lig gekom dat van die nege sake wat in hul aansoek as regspraak aangehaal is, slegs twee gevind kon word. Volgens IOL het dit ‘n sterk vermoede gelaat dat hulle kunsmatige intelligensie gebruik het om hul aanhalings te verkry. Regter Elsje-Marie Bezuidenhout van die hooggeregshof in Pietermaritzburg het nie net die prokureursfirma gelas om die regskoste van die aansoek uit eiesak te betaal nie, sy het ook die saak na die Regspraktykraad verwys. Dit blyk 'n klerk het die regspraak "nagevors"  en dit aan advokate verskaf; laasgenoemde het nooit die aanhalings nagegaan voordat dit aan dieregter gegee is nie.

 
 
 

Comments


bottom of page