top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kwarantyn-troepe se verblyftoestande by De Brug is glo haglik

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 7
  • 1 min read

Suid-Afrika se troepe wat die land in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) verteenwoordig het, bly glo in haglike toestande in kwarantyn by die De Brug-weermagbasis net buite Bloemfontein.


Netwerk24 berig DA-LP Nicholas Gotsell sê die 350 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se tente is flenters, daar is nie warm water nie en die toilette werk nie behoorlik nie.


Daar was Sondag ook klagtes dat die troepe eers teen 12:00 kos gekry het as straf omdat van hulle oor die toestande gekla het.


Die troepe moet 'n kwarantyntydperk van 21 dae hier deurbring, waarskynlik weens die ernstige uitbreking van Ebola in die DRK.


Geen terugvoer is van die weermag ontvang nie.


Ter illustrasie. FOTO: X
Ter illustrasie. FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page