top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kwart van SA se kinders is groeivertraagd

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2024
1 min read

‘n Kwart van Suid-Afrika se kinders is groeivertraagd - luidens ‘n opname wat deur ekonome aan die Universiteit Stellenbosch (US) op Wêreldvoedseldag vrygestel is. Primedia berig SA se voedselsekerheidsvlakke is op hul laagste punt sedert 2012, volgens die 2024-voedselsekerheidsindeks wat deur Shoprite Holdings gepubliseer is. Hulle voeg by dat Suid-Afrika in 2019 ‘n maksimum van 64,9 op die indeks bereik het, hierdie syfer het verlede jaar tot 45,3 gedaal. Dit beteken dat gemiddeld meer Suid-Afrikaners in 2023 erger voedselonsekerheid ervaar het, in vergelyking met enige ander jaar tussen 2012 en 2023. Pogings om voedselsekerheid te verbeter sluit bekostigbare pryse vir noodsaaklikhede in, sê die groep se hoofvolhoubaarheidsbeampte, Sanjeev Raghubir. Hulle het ook 'n program vir oortollige voedselskenking, 'n vloot mobiele sopkombuise en die ontwikkeling van gemeenskaps- en huishoudelike kostuine begin.

 
 
 

Comments


bottom of page