KwaZulu-Natal wil nóg 'n sneeuramp voorkom
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 30
- 1 min read
Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer sê alles word in gereedheid gebring om te keer dat swaar sneeuval weer motoriste op paaie vaskeer.
Volgens SABC News het sneeu reeds op die R617 tussen Underberg en Swartberg begin uitsak, terwyl padspanne met skrapers ontplooi is om die sneeu te verwyder voordat dit meer as 30 sentimeter diep word.
Verkeersbeamptes hou die situasie intussen fyn dop ingevolge die provinsie se Sneeureaksieplan.
Die departement sê hy wil verhoed dat die tonele van September 2024 herhaal word, toe meer as 1 800 voertuie naby Van Reenenpas op die N3 vasgesit het nadat swaar sneeu geval het.
Motoriste word ook gewaarsku om nie onnodig na sneeugebiede te reis nie.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat die N3 by Van Reenenpas en die Maserubrug-grenspos weens die gure winterweer gesluit is.








Comments