top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Laatmiddag Donderstorms word in die Vrystaat verwag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2024
1 min read

Die Nasionale Weersentrum het ’n waarskuwing uitgereik dat daar ’n sterk moontlikheid is van vlak 1 donderstorms later Donderdagmiddag. Hulle verwag plaaslike skade aan nedersettings, oorstromings van kwesbare paaie, laagliggende gebiede en brûe. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku om indien moontlik binnenshuis te bly en weg van metaalvoorwerpe. Moet nie skuiling onder bome of hoë voorwerpe soek nie. Moet ook nie gaan visvang of gholf speel nie, aangesien gholfstokke en visstokke goeie geleiers van elektrisiteit is. Wees bewus dat enige kombinasie van hael, sterk winde en/of swaar reën die storms kan vergesel.

 
 
 

Comments


bottom of page