Lady Gaga verras met musiek vir 'n rolprentklankbaan
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Lady Gaga sal na verwagting in die komende weke ‘n verrassings-album vrystel. Die projek is glo gekoppel aan die komende film The Devil Wears Prada 2 en is geskep met vervaardigers Andrew Watt en Cirkut.
‘n Voorsmaak van ‘n nuwe snit, getiteld Runway, met rapper Doechii, verskyn in die film se finale lokprent, wat deur 20th Century Studios vrygestel is.
Die film, met Meryl Streep en Anne Hathaway in die hoofrolle, word op 1 Mei vrygestel.








Comments