top of page

Laer brandstofpryse kan ‘n hupstoot in planttyd gee

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 28
  • 1 min read

Die verwagte brandstofprysverlaging in November van sowat 33c per liter vir diesel en 57c per liter vir 95-oktaan petrol is goeie nuus vir die landbou.


Dit veral waar ’n tydperk van die gebruik van groot hoeveelhede brandstof in die planttyd van die somergrane en oliesade, sowel as die oes van wintergrane en oliesade voorlê.


Landbouweekblad berig hoofekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo,  skryf die verwagte verlaging in brandstofpryse toe aan ’n relatiewe sterker rand teenoor die Amerikaanse dollar en ook ’n redelike stabiele olieprys in die grootste deel van Oktober.


In dieselfde asem waarsku hy egter dat dit dalk die laaste goeie nuus vir ’n ruk gaan wees.


Ter illustrasie. FOTO: Landbou.com
Ter illustrasie. FOTO: Landbou.com


Comments


bottom of page