Laerskool Sentraal vier Wêreldboekdag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 23
- 1 min read
Leerlinge by Laerskool Sentraal in Bloemfontein het die wêreld van stories verken as deel van Wêreldboekdag-vieringe.
Volgens inligting wat deur die skool gedeel is, het leerders die geleentheid gehad om virtueel met die bekende skrywer Fanie Viljoen kennis te maak, terwyl hulle ook hul gunsteling boeke ontdek en gedeel het.
Die dag het gefokus op lees as ’n avontuur en die ontwikkeling van ’n liefde vir boeke.
Intussen sê die Departement van Basiese Onderwys hy werk saam met verskeie organisasies om geletterdheid landwyd te bevorder.
Wêreldboek- en Kopieregdag vier boeke, outeurs en intellektuele eiendomsregte, met vanjaar se tema wat lees as ’n fondament vir leer beklemtoon.








Comments