top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Landboubedryf bekommerd oor verbod op plaagdoders

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 23, 2025
1 min read

Die landboubedryf het kommer uitgespreek oor die verbod op sommige plaagdoders in die land. Daar is nog ‘n paar dae oor voordat Suid-Afrika die verbod op verskeie plaagdoders wat as gevaarlik bevind is, implementeer. Die plaagdoders sal dan onwettig wees om in die land te verkoop of te gebruik. Voedselprodusente sê die situasie kan tot voedseltekorte lei as hulle nie alternatiewe kan vind om hul plante te beskerm nie. Die gebruik van plaagdoders het onder die kollig gekom na die dood van kinders in Soweto wat verlede jaar versnaperinge, wat plaagdoders bevat het, geëet het.

 
 
 

Comments


bottom of page