top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Landboukomitee vra om verskoning vir verkeerde syfers

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 25, 2025
1 min read

Die Gekose Komitee oor Landbou het om verskoning gevra vir die verkeerde syfers in die mediaverklaring wat in die week namens die komitee uitgereik is. Die verklaring het verkeerde inligting oorgedra rakende die toewysing van fondse met betrekking tot die een-komma-sewe-miljard-rand-inisiatief wat bedoel is om boere te ondersteun. Die komitee het erken dat die Departement van Landbou een-komma-sewe-miljard-rand opsy gesit het om sesduisend boere landwyd te ondersteun om drieduisend werksgeleenthede te skep. Die komitee het die verklaring teruggetrek en sy verbintenis tot die versekering van verantwoordbaarheid en deursigtigheid herhaal.

 
 
 

Comments


bottom of page