Landbouorganisasies waarsku oor moontlike stygings in voedselpryse
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 hours ago
- 1 min read
Vooraanstaande landbou-organisasies in Suid-Afrika gewaarsku dat stygende diesel- en kunsmiskoste tot ’n skerp styging in voedselpryse kan lei.
Volgens die groepe kan die hoër koste die oes van somergewasse en die aanplant van wintergewasse beïnvloed.
Die prys van diesel het vroeër vandeesmaand gestyg weens die voortdurende oorlog in die Midde-Ooste, en Agri Suid-Afrika sê boere verwag volgende maand nog ’n styging.
Die organisasie sê die voedselstelsel word geheel en al op brandstof geprys, wat beteken dat die kostelas almal sal raak, nie net boere nie.








Comments