Landelike veiligheidstrategie is weer in die kollig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 27
- 1 min read
Die implementering van die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie word as ’n dringende prioriteit beskou om plaasaanvalle te bekamp.
Dit volg nadat die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, erken het dat plaasaanvalle ’n ernstige probleem bly.
Die burgerregteorganisasie AfriForum sê hoewel die strategie ’n stap in die regte rigting is, dit konsekwent en doeltreffend op grondvlak toegepas moet word.
Volgens AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, ervaar landelike gemeenskappe steeds stadige reaksietye en is beter samewerking tussen die polisie en gemeenskapsveiligheidstrukture nodig.








Comments